FOTO: Instagram  @nickyhilton

FOTO: Instagram @nickyhilton

Het jy gehoor?

Nicky Hilton verloof aan seun van bank-dinastie

Nicky Hilton van die Hilton-hoteldinastie is verloof! En haar verloofde is ook lid van ’n bekende ryk familie.

Die Hiltons het hul fortuin in die hotelbedryf gemaak, die Rothschilds in die bankwese. En nou is Nicky Hilton en James Rothschild verloof.

Dié paartjie gaan al sedert 2011 uit. Hulle het ontmoet by gemeenskaplike vriende se troue in Italië. En dís ook waar hy besluit het om die groot vraag te vra, berig US Magazine.

Nicky se suster, Paris, het hul verlowing op Twitter bevestig.

Hoewel daar nog geen foto van die ring is nie, het die paartjie foto’s van hul Italiaanse vakansie op Instagram gedeel.