FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nicole Kidman se depressie ná haar egskeiding van Tom Cruise

“Ek was beslis té jonk”. Só praat Nicole Kidman (45) openhartig in haar onderhoud met die Australiese WHO-tydskrif. Sy is die voorbladster van dié publikasie wat vanjaar hul twintigste bestaansjaar vier. En Nicole is hiervoor gevra om terug te kyk oor die afgelope 20 jaar van háár lewe.

Sy erken wel dat sy beslis nie spyt is oor haar huwelik van 11 jaar met Tom Cruise, haar Days of Thunder-medester, nie. “Ons het vir Bella en Connor (hul twee aangenome kinders) saam én ‘n fantastiese huwelik vir ‘n lang tyd gehad.”

In hul tyd saam moes sy en Tom saam deur vrugbaarheidsbehandeling, ektopiese swangerskap, ‘n miskrame én aanneming gaan. Sy het op ‘n stadium werklik gedink dat sy nooit ma sou word nie. Toe haar en Tom se paadjies skei, het sy in ‘n depressie verval en moes diep delf om daardeur te werk. “Dit was als deel van die grootword-proses.”

Vandag is sy baie gelukkig getroud met country-sanger Keith Urban. In 2008 het sy geboorte geskenk aan Sunday Rose en Faith is in Desember 2011 deur ‘n surrogaatswangerskap in die wêreld gebring.

FOTO: ‘n Stylvolle Nicole saam met Keith by die 2012 Emmy-toekennings.