FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Nicole Kidman se pa sterf ná val

Antony Kidman, pa van die Hollywoodster Nicole Kidman, is in Singapoer dood ná hy volgens berigte geval het. Só berig TIME.

Dié bekende kliniese sielkundige was glo op besoek aan sy dogter Antonia toe die voorval plaasgevind het. Tans is daar min details oor die voorval bekend, alhoewel die polisie in ‘n verklaring gesê het sy dood was ‘n gevolg van onnatuurlike oorsake.

Kidman was ‘n gerespekteerde kliniese sielkundige en biochemikus in Sydney en het in 2005 die Orde van Australië ontvang vir sy bydrae tot gesondheidsdiens in dié land.

Volgens berigte het sy dogter Nicole Kidman nog nie ‘n verklaring uitgereik nie. Sy en haar pa het ‘n baie hegte verhouding gehad.

Lees die volledige artikel hier