FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Nicole Kidman se rok: JA of NEE?

Die aktrise Nicole Kidman het gisteraand haar lang lenige bene by die BMI Country Musiektoekennings in Tennessee gewys.

Nicole het haar man, die Country-sanger Keith Urban, by dié geleentheid vergesel. Dié 47-jarige se rok was kort voor, maar het tot hoog bo vasgeknoop.

FOTO: Instagram  @peoplemag

FOTO: Instagram @peoplemag

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Nicole het onlangs gesê dat Keith haar steunpilaar was ná haar pa se dood. Nicole is ma vir 2 aangenome kinders saam met Tom Cruise, met wie sy 11 jaar lank getroud was – Connor (21) en Isabella (19). Nicole en Keith is die biologiese ouers van twee dogters, Sunday Rose (6) en Faith Margaret (3). Faith is deur ’n surrogaat in die wêreld gebring.

Lees ook