FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nigella: “Ja, ek het dwelms gebruik, maar is g’n verslaafde”

Bekende televisiesjef Nigella Lawson is in die middel van ’n lelike hofsaak gedompel. En sy het gister in die hof erken sy het kokaïne gebruik en dagga gerook, maar verslaafde is sy min.

Twee susters wat Nigella se assistente was, word van bedrog beskuldig. Dié twee het blykbaar geld by Nigella se eksman Charles Saatchi gesteel en hulle beweer die 53-jarige sjef het hulle daarmee gehelp. Haar motief? Sy het hulle glo gehelp om die geld te verdoesel sodat hulle haar dwelm-misbruik geheim hou.

Nigella

Nigella moes gister in die hof getuig, en het erken sy het seker al “op 6 geleenthede” dwelms gebruik, maar is geensins ’n verslaafde nie. Die eerste keer dat sy dwelms gebruik het, was saam met haar vorige man, John Diamond, terwyl hy sy dwelmstryd geveg, en later, verloor het. “Ek het dit seker op sowat 6 geleenthede saam met hom gedoen … dit het hom bietjie laat ontsnap,” het Nigella getuig.

Sy sê sy het weer in 2010 dwelms geneem, omdat Charles Saatchi waarvan sy vroeër die jaar geskei het, haar “geterroriseer” het. “Ek het deur ’n baie moeilike tyd gegaan,” het sy gesê.

Sy het verder gesê sy is nie trots op haar gedrag nie. “Maar die idee dat ek ’n verslaafde is, is absoluut belaglik.”

Nigella het ook gesê dit gaan deesdae beter met haar. “Sedert ek myself bevry het van ’n briljante, maar wrede man, is ek dagga-, kokaïne- en dwelmvry.”

Lees meer oor die hofsaak HIER.

Die insident wat op kamera vasgevang is van Charles wat Nigella aan die nek wurg, is ook in die hof bespreek. Hieroor sê sy dat sy na iemand se baba gekyk het wat verbygeloop het en haar wense vir kleinkinders uitgespreek. Hierna het Charles haar gewurg en gesê sy mag oor niemand bekommerd wees, behalwe oor hom nie. Hy het glo aan almal gesê dat hy kokaïne “uit haar neus gehaal” het.

Bron: Daily Mail, contactmusic