FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nigella oor hofsaak: “Ek het baie sjokolade geëet”

Bekende TV-sjef Nigella Lawson is tans in ‘n hofstryd gewikkel ná haar voormalige assistente van bedrog aangekla is. Foto’s van haar man, Charles Saachi, wat haar by ‘n restaurant ‘wurg’, het ook 6 maande gelede aan die lig gekom. Hulle is intussen geskei.

Sy het vanoggend 2 Januarie op Good Morning America verskyn om haar nuwe TV-program te bemark. Tydens dié onderhoud is sy ook uitgevra oor dié onlangse drama in haar persoonlike lewe. Só berig Dailymail.co.uk

Die 53-jarige Nigella se enigste doel was om haar kinders, tydens die bedrogsaak van haar voormalige assistente, te beskerm. “Maar ek kon nie altyd nie,” het sy oor haar tyd in die getuiebank gesê.

“Ek het ontsettend baie sjokolade geëet om die afgelope tyd te verwerk,” het Nigella vertel. “Om jou eie lewe so in die publiek te sien afspeel, en daarby nog leuens oor jou private lewe óók, is verskriklik! Maar daar is mense wat deur selfs moeiliker dinge gaan, so vir my om te kla sou selfbejammerend wees. En ek hou nie daarvan nie,” het sy gesê.

“Ek kyk nou vorentoe. Ek het baie sjokolade geëet, ek het ‘n goeie Kersfees gehad, en ek’s nou in die nuwe jaar,” het sy vertel.

KLIK hier vir FOTO’S van Nigella tydens haar verskyning op Good Morning America

Haar nuwe TV-program?
The Taste begin 7 Januarie in Amerika wys. Op dié program verskyn Nigella saam met ander bekende sjefs Anthony Bourdain, Marcus Samuelsson en Ludo Lefebvre.

Ook soos Nigella lus vir sjokolade? Hier’s van SARIE se top-resepte

Sjokolade-fudgekoek

Sjokoladesous-poeding

Vinnige sjokoladekoek

Donna Lewis

Donna Lewis