Nigella Lawson
Het jy gehoor?

Nigella se man: ‘Ek het haar nie seergemaak nie’

Dit was tydens ‘n partytjie vir Nigella se miljoenêr-kunsversamelaar-man se 70ste verjaardag waar die paartjie begin baklei het. Foto’s het vinnig uitgelek waar hy haar aan haar nek gryp en sy begin huil. Nou het sy en haar kinders die huis verlaat en daar is nog geen aanduiding wanneer en of hulle gaan terugkeer nie.  

Maar Charles sê die insident lyk erger as wat dit was. “Ons het buite ‘n restaurant gesit en ‘n intense debat oor die kinders gehad. Ek het Nigella se nek vasgehou om my punt te beklemtoon … Ek het nie gedruk nie, dit was ‘n speelse bakleiery. Die foto’s lyk baie erg, maar dit lyk meer gewelddadig as wat dit was,” het hy aan die London Evening Standard gesê.

Klik hier vir die foto’s

Volgens hom het hy vir Nigella gesê om die kinders te vat totdat die mediastorm gaan lê het. Nigella se mediaverteenwoordiger wou nog geen kommentaar lewer nie. Nigella en Charles is in 2003 getroud en sal in September hul 10de huweliksherdenking vier. Sy was voorheen getroud met John Diamond, wat in 2011 aan keelkanker oorlede is. Haar twee kinders uit haar huwelik met John is  Cosima Thomasina (19) en Bruno Paul (17).

Bron: The Telegraph