Nigella Lawson
Het jy gehoor?

Nigella trek uit

Nigella het amptelik uit haar en Charles Saatchi se huis getrek. ‘n Verhuisingsmaatskappy het haar besittings uit dié paartjie se £12 miljoen huis in Mayfair verwyder.

Charles is aangepraat deur die polisie en was nie teenwoordig ten tyde Nigella haar besittings uit die getrek het nie.

“Dit lyk soos die einde,” het ‘n vriendin van Nigella glo gesê. Sy het ook nie onlangs haar trouring gedra nie, en dit wil lyk of dié huwelik van 10 jaar verby is.

“Haar hart bloei, en sy wil uitkom,” het ‘n bron aan The Sunday People glo gesê. “Hulle stel nie belang in huweliksberading nie. Haar hart is gebreek, en die verhouding blyk verby te wees.”

“Dit is nie hoe Nigella gedink het haar huwelik sou uitspeel nie, maar sy’t besef dit was die begin van die einde,” het ‘n ander bron gesê.

Die enigste amptelike verklaring kom ná Nigella se woordvoerder gesê het dat sy die huis saam met haar kinders verlaat het.

Dr. Eve oor Charles

Bekende SA seksuoloog, dr. Marlene Wasserman (beter bekend as Dr Eve), het uitgevaar teenoor Charles Saatchi. Lees haar blog hier