Het jy gehoor?

Nuwe SA-riller se voorskou hier

Die storielyn is grillerig … erg grillerig. ‘n Groep toeriste gaan op ‘n nag-safari, maar die voertuig laat hulle in die steek. Die groepie bevind hulle in die middel van die Bosveld, en een ná die ander verdwyn hulle. Die gevreesde Hiëna-man en sy makkers is aan die werk en hul fokus is mensehandel, ook die handeldryf met menslike organe.

Die onderwerp van stropery, veral van renosterhorings, is juis nou hoofberigte in koerante. Dié fliek wys wat gebeur wanneer ‘n stroper in ‘n mense-moordenaar verander …

Die fliek word versprei deur Indigenious Films, ook die verspreider van Jakhalsdans met Theuns Jordaan en Elizma Theron.

Besoek die amptelike webtuiste hier