Het jy gehoor?

Nine – ‘n fliek om voor uit te kyk!

Hoekom is hierdie 4 sexy Hollywood-sterre almal op die nuutste Vogue se voorblad?

Die rede? Die nuwe musiekblyspel-fliek, Nine. En dié een kan jy nie misloop nie!

Rob Marshall, regisseur van die bekroonde Chicago, het dié fliek geskoei op beroemde Italiaanse regisseur, Fellini, se . Nine is die eerste keer in 1982 na Broadway gebring.

Die rolverdeling bestaan uit Hollywood se A-span: Daniel Day-Lewis in die hoofrol van fliekregisseur Guido Contini wat vasgespin is in ‘n web van vroue in sy lewe – sy vrou (Marion Cotillard), sy skelmpie (Penélope Cruz), die ster van sy fliek (Nicole Kidman), sy confidant en kostuumontwerper (Dame Judi Dench), Amerikaanse mode-joernalis (Kate Hudson) en sy ma (Sophia Loren, ja!)