noddy2
Het jy gehoor?

Noddy in Johannesburg

Dit het gehore gaande gehad in Londen se West End, en nou is SA’ners gereed vir Noddy, wat vanaf 1 Junie 2009 by die Peoples Theatre in Johannesburg te sien is. Die produksie is gebaseer op Enid Blyton se bekende verhale oor Noddy en sy maats – Big Ears, Mr Plod en Tessie Bear.

Dramaturg David Wood het Blyton se boeke in ‘n skouspel vir die verhoog omgetower, met musiek en beligting wat gehore van enige ouderdom op hul voete sal hê. En ons voeg hierby ‘n top-plaaslike geselskap met Emmanuelle Girard, Thokozani Nzima, Botha Enslin, Samaqocwa Yoyo en Danilo Antonelli.

Om te bespreek, klik na Computicket

Spesiaal vir skole

R45 per leerder, R60 per ouer wat hulle vergesel
Tye: 9 vm. en 11 vm. (gedurende die week in skoolkwartale) / 10.30 vm. en 2.30 nm. (gedurende skoolvakansies en op Saterdae)

Vir blok- of groepbesprekings (teen afslag): 011 403 1563 (Andrew/Lorraine) of stuur ‘n e-pos na peoplestheatre@artslink.co.za