FOTO Instagram / @bafta

Het jy gehoor?

Nóg een vir Emma Stone

Dis beslis Emma Stone se jaar. Sy het reeds die toekenning vir beste aktrise by die Golden Globes en Screen Actors Guild verower en nou is sy ook as beste aktrise by die Baftas aangewys. Sal sy ook die Oscar wen vir haar spel in die bekroonde La La Land? Haar kans lyk nou baie goed.

Die Baftas (British Academy Film and Television Awards), oftewel die Britse niggie van die Oscars, het gistraand plaasgevind. Dis ’n glansryke geleentheid wat selfs deur die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, bygewoon is.

Hier’s die lys van wenners …

Beste rolprent – La La Land

Beste Engelse rolprent – I, Daniel Blake

Beste regisseur – Damien Chazelle, La La Land

Beste aktrise – Emma Stone, La La Land

Beste akteur – Casey Affleck, Manchester by The Sea

Beste vroulike byspeler – Viola Davis, Fences

Beste manlike byspeler – Dev Patel, Lion

Beste draaiboek  Kenneth Lonergan, Manchester by The Sea

Vir die volledige lys klik hier.

Lees nou

Adam en Behati wys vir Dusty

Jak de Priester vier 15 jaar se sukses

QUIZ: Watter rooi lipstiffie is perfek vir jóú vir Valentynsdag?