Vinette Ebrahim

Vinette Ebrahim

Het jy gehoor?

Nóg ’n 7de Laan-ster word skrywer

Ná 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf is Vinette Ebrahim, oftewel Charmaine van 7de Laan, nou ook ’n skrywer.

Vinette het die verhoogproduksie Die ongelooflike reis van Max en Lola saam met Hugo Taljaard geskryf. Dié donker komedie, wat eersdaags by die US Woordfees op die planke is, vertel die storie van Max en Lola se vriendskap wat al oor 50 jaar kom.

Vinette vul nie net die skrywerstoel in dié produksie, wat ook by vanjaar se KKNK opgevoer gaan word, nie. Sy speel ook die rol van Lola teenoor Chris van Niekerk se Max.

Vinette en Chris as Lola en Max. FOTO: verskaf

Vinette en Chris as Lola en Max. FOTO: verskaf

Die ouderdom het Max – ’n gay, wit man – en die uitbundige Lola – ’n 79-jarige bruin vrou – skielik bekruip. Wat sal gebeur as Lola die enigste gas op Max se 80ste verjaardagpartytjie is?

7de Laan se Charmaine (Vinette Ebrahim) en Francois (Chris van Niekerk) speel eersdaags saam op die verhoog. FOTO: verskaf

7de Laan se Charmaine (Vinette Ebrahim) en Francois (Chris van Niekerk) speel eersdaags saam op die verhoog. FOTO: verskaf

Met Donnalee Roberts en Ivan Botha wat die fliek Pad na jou hart self geskryf het, lyk dit of die 7de Laan-sterre ook ’n skryftalent het.

WIE DINK JY GAAN DIE VOLGENDE GROOT SKRYWER WEES? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!