FOTO Instagram / @caterinascorsone

FOTO Instagram / @caterinascorsone

Het jy gehoor?

Nóg ’n baba vir dié celeb!

Die Grey’s Anatomy-aktrise Caterina Scorsone is nog ’n baba ryker! Trump het dalk die Amerikaanse presidensiële verkiesing gewen, maar dié aktrise het die goeie nuus op sosiale media gedeel nadat sy vir Hillary Clinton gestem het.  

“Ek is saam met haar. Ek stel Paloma Michaela Giles aan die wêreld bekend. Vroue is die toekoms,” het klein Paloma se ma gesê.

A photo posted by @caterinascorsone on

Dit is die tweede kind vir die aktrise en haar man, Rob Giles. Hulle het reeds ’n 4-jarige dogter, Eliza Giles.

Maar dit is nie al celeb wat onlangs ’n baba ryker geword het nie. Die rocker Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst, is nou trotse ouers! Lauren het gister die lewe geskenk aan ’n pragtige babadogtertjie, Alex Lila Badenhorst.

Die Van Coke Cartel-groepslid het dié foto gister op sosiale media gedeel:

Die Glee-aktrise Jayma Mays het ook in Augustus haar eersteling, Jude Campbell, verwelkom, berig E News. Vir maande het Jayma en haar man, Adam Campbell, die nuus stilgehou en die wêreld het dit nóú eers uitgevind.

Die paartjie het in 2006 ontmoet en in 2007 getrou. Ons is seker dié Glee-ster sing van blydskap.

Lees nou

FOTO: Van Coke-baba is uiteindelik hier!

Amerika kies nie vrou, maar 59 lande het al

Prins Harry: Los my Meghan uit