voguecoverfeb02_xl_320x421_310w
Het jy gehoor?

Nóg ‘n baba!

Penélope Cruz het geboorte geskenk aan haar tweede kind …

Soos wat die wêreld nog die koms van die koninklike baba vier, hoor ons nou dat die Hollywood-aktrise Penélope Cruz ook geboorte geskenk het. Penélope is Maandagaand, dieselfde dag as Kate, in die Ruber Internacional hospitaal in Madrid opgeneem.

Dié pienkvoet is die tweede vir die 39-jarige Oscar-bekroonde aktrise en haar man Javier Bardem. Hul eersteling Leonardo is twee jaar gelede in Los Angeles gebore.

Die paartjie is baie privaat en Penélope het onlangs in ‘n onderhoud gesê sy wil haar kinders uit die kollig hou. “Ek wil hê my seun en my kinders – as ek nog gaan hê – moet so anoniem as moontlik grootword. Die feit dat ek en hul pa ‘n beroep in die kollig gekies het, gee niemand die reg om ons privaatheid te skend nie.”

Die geslag van die baba is nog nie bekend nie.

Bron: Hello!