FOTO Star Trek

FOTO Star Trek

Het jy gehoor?

Nóg ’n bekende deel van die 27-klub

Vanjaar het talle ikone al gesterf: Alan Rickman, Prince, Muhammad Ali, David Bowie, Frank Sinatra jr., Glenn Frey en die politieke reus Dene Smuts. Maar Sondag is nóg ’n bekende oorlede, die jong akteur Anton Yelchin. 

Die 27-jarige Star Trek-akteur is in ’n fratsongeluk oorlede. Volgens CNN het sy eie motor vermoedelik agteruit gerol en hom teen sy posbus vasgepen.

27-klub

Anton se tragiese dood op 27 maak hom deel van die 27 Club, ’n lys van bekendes wat op dié ouderdom gesterf het. Die lys sluit talentvolle musikante soos Jimi Hendrix, Kurt Cobain, Jim Morrison, Amy Winehouse en akteur Jonathan Brandis in.

Almal is oorlede weens fratsongelukke, oordose of selfdood. Voor Amy se dood het sy glo gereeld gesê sy sal seker deel van die 27 Club raak, berig Daily Mail.

Anton het as 9-jarige in sy eerste rolprent verskyn. Hy het in ander rolprente soos Charlie Bartlett, Like Crazy, Alpha Dogs en Terminator: Salvation gespeel. Hy is in Rusland gebore, maar reeds op 6 maande saam met sy ouers Amerika toe getrek.

Bekendes het hul simpatie op sosiale media gedeel.

Lees nou

Kyk hoe lyk Bindi Irwin nou!

Sharon en Ozzy Osbourne weer saam