img_8772
Het jy gehoor?

Nóg ‘n bekende SA groep tree op vir Prinses Charlene

Dié Suid-Afrikaanse groep met hul eg-Oos-Europese klank het dadelik Charlene se guns gewen toe haar adviseur hul CD vir haar gespeel het. Die egpaar was van plan om internasionale musikante in te vlieg, maar Zamar het toe die lys gehaal.

“Ons het bo in die Lighthouse gespeel, al hul naaste vriende en familie was daar byeen,” sê Veronica Bell, leier van die groep.
“Ons was besig om op te stel toe sy ons skuins voor ontbyt spesiaal kom ontmoet het. Sy was baie toeganklik. Ek’t haar sommer ‘n druk gegee!” sê Bell.

Hul sangeres Simangele Mashazi is gevra om Somewhere over the rainbow te sing wanneer die prinses inkom.

  • Thea Landsberg

    Zamar is internasionale "materiaal". Hulle is fantasties! Uitstekende musikante! Dis vir hulle wonderlike blootstelling om op te tree voor sulke dinamiese gaste!

  • Elsie Britz

    Die groep Zamar is so goed, hul verdien die kans! Soos een van Brian se vriende op fb dit gestel het hul speel in elk geval altyd vir die Koning! Prinses Charlene is pragtig…mag sy gelukkig wees.

  • Leda Grundling

    Ek hou daarvan om meer van die groep te weet, omrede ek vir Veronica skoolgehou het op laerskool. Ek kon haar talent dophou en het geweet groot dinge wag op haar. Sy het grootgeword in Newcastle, waar haar ouers steeds woon.

    Ons is trots om haar te ken hier in Newcastle