FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Nóg foto’s van die Hougaard-tweeling!

Karlien het Donderdag, 16 Januarie, die eerste foto van een van die tweeling met haar aanhangers gedeel, en vandag het sy nóg gedeel.

Ons kan wel nog nie die gesiggies van Eliah en Daniël sien nie, maar dit lyk of Ma Karlien en Pa Derick ouerskap baie geniet. Karlien het dié foto’s vandag gedeel:

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Sy het by dié foto (bo) geskryf: “Daniël teen my vas want ekt 2 hande nodig vir al die bottels regkry… LOVE BEING A MOMMY!!!!!! ”

Dit lyk of hulle hande vol is met dié twee. By dié foto (onder) skryf Karlien dat sy en Derick nog moet gaan stort: “So uur terug … Pappa moet nog gaan stort… En mamma hare was… Waar gaan die tyd?”

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

 

 

Eliah en Daniël is al ’n maand oud en is “die beste ding” wat al met hulle gebeur het, skryf Karlien op Facebook.

Sy het dié foto vroeër die week met haar aanhangers op sosiale media gedeel:

Omdat die tweetjies bietjie vroeër gebore is, was almal onkant gevang. Broer Bobby moes van sy vakansie af terug jaag om die nuwe lede van hul gesin te verwelkom.

Lees meer hier oor Karlien se eerste nag van pajama-dril!