Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede jaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede jaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nóg ’n foto van prins George op sy eerste toer

Dit word klein George se eerste amptelike afspraak genoem – hy het gister ’n speelgroep-afspraak in Nieu-Seeland gehad ten aanskoue van groot media-aandag.

Die koninklike gesin het Maandag in Wellington aangekom om hul Nieu-Seelandse en Australiese toer af te skop. Gister het hulle dié geleentheid, wat deur die nie-regeringsorganisasie Plunket organiseer is, bygewoon.

Die prinsie, wat nou 8 maande oud is, het tussen 10 ander kinders rustig gespeel en hom nie veel gesteur aan die baie kameras nie, berig First Post. Maar sy elke beweging is dopgehou en geanaliseer.

Ouers van die ander kinders het opgemerk dat hy nuuskierig is en sy eie besluite neem. Hy is ook nie skaam nie en het tot in die middel van die groepie gegaan en vir homself die grootste speelding geëien.

Bron: First Post