Sigourney Weaver
Het jy gehoor?

Nóg ’n Hollywood-ster na SA vir Blomkamp-fliek

Nóg ’n Hollywood-ster gaan volgende jaar in Suid-Afrika kom skiet aan Neill Blomkamp se nuwe fliek, Chappie.

Hugh Jackman, die Suid-Afrikaanse akteurs Sharlto Copley (Wikus van der Merwe van District 9) en Brandon Auret (Leon van Isidingo), Dev Patel (Slumdog Millionaire) en dan natuurlik Yolandi Vi$$er en Ninja van Die Antwoord. Dít is die akteurs wat gaan speel in die bekroonde SA regisseur Neill Blomkamp se volgende projek.

FOTO: Taylor Swift, Katie Holmes en nóg bekendes in SA

En nou gaan Sigourney Weaver ook deel van dié gedugte span uitmaak.

Sigourney Weaver

Die wetenskapfiksierolprent gaan oor ’n robot wat by geboorte ontvoer word en deur ’n disfunksionele gesin aangeneem word. Neill is bekend vir sy wetenskapfiksie-rolprente wat altyd ’n Suid-Afrikaanse kinkel het, soos District 9 en Elysium.

Watter Afrikaanse liedjie word in Elysium gesing? Lees hier!

Sigourney is natuurlik nie onbekend aan wetenskapfiksie-entoesiaste nie. Sy het die ikoniese rol van Ellen Ripley in die Alien-filmreeks gespeel.

Die film gaan deels in Johannesburg geskiet word en word in 2015 uitgereik.

Meer oor die SA skrywer en regisseur Neill Blomkamp:

Hugh Jackman en Yo-Landi Vi$$er van Die antwoord gaan saam kuier?

Matt Damon kyk op na SA regisseur

5 SA celebs skitter oorsee

Oscar-nominasies – District 9 en Invictus is daar!

Nóg sterre na Suid-Afrika

Die Britse sterre van die Mandela-film is in Suid-Afrika om dié fliek, wat 28 November begin draai, te bemark.

Idris Elba as Mandela

Idris Elba as Nelson Mandela

 

Idris Elba vertolk Mandela en Naomi Watts speel Winnie Madikizela-Mandela. Die bemarkingstoer skop Saterdag af met ’n perskonferensie in Johannesburg. Die Suid-Afrikaanse première van dié film vind die volgende dag by die Rosebank-winkelsentrum plaas.

Lees meer oor Mandela: Long Walk to Freedom hier. 

 

 

Bron: Filmcontact