Het jy gehoor?

Nóg ’n Jolie-Pitt op pad?

Tydens ‘n onlangse welwillendheidsbesoek aan die grens tussen Tunisië en Libië het daar ‘n splinternuwe stel koördinate op haar arm gepryk. Dis moeilik om uit te maak, maar daar word gespekuleer dat dit na dié streek in Noord-Afrika verwys, berig People.com.

Die vorige tatoes se koördinate is dié van Kambodja waarvandaan Maddox (9) afkomstig is, Viëtnam waar Pax (7) gebore is en Ethiopië waarvandaan Zahara (6) kom. Hulle is al drie aangeneem. Haar eie kinders, Shiloh (4) en die tweeling, Knox en Vivienne (2), is onderskeidelik in Namibië en Frankryk gebore en dié koördinate pryk ook op haar arm.

‘n Sewende kind vir Brangelina? Ons hou jou op hoogte!