Harry en skoonsus, Kate
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Harry en skoonsus, Kate FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Nóg ’n koninklike photobomb

Is vanjaar se Statebondspele in Glasgow, Skotland, die spele van die koninklike photobombs? Eers het koningin Elizabeth ’n foto “gebom” en toe haar kleinkind …

Prinses Diana se jongste seun, prins Harry, was gisteraand by die swemarena om deel van die aksie by vanjaar se Statebondspele te wees. En toe die Nieu-Seelandse bokser Trevor Shailer saam met die rugby-legende Gordon Tietjens en Gary Hermansson ’n foto neem, het Harry vir ekstra aksie gesorg, volgens BuzzFeed.

Die jong prins het in die agtergrond tussen Gordon (links) en Trevor (middel) se koppe ingeskuif en vir die kamera geglimlag.

Prins Harry se photobomb by die Statebondspele FOTO: Facebook (Trevor Shailer)

Prins Harry se photobomb by die Statebondspele
FOTO: Facebook (Trevor Shailer)

Gordon het dié foto op Facebook gedeel én dit sy profielfoto gemaak.

En kyk mooi! In dieselfde ry as Harry sit sy broer, William en hou die swemmers dop.

Kyk net hoe lekker lag Harry!

Dis die tweede koninklike photobomb wat by vanjaar se Statebondspele geneem is, berig Daily Mail. Verlede week het koningin Elizabeth die wêreld aan die gons gehad toe sy vriendelik geglimlag het in die agtergrond van selfies wat Australiese hokkiespelers geneem het – kyk na dié foto HIER.

Bronne: BuzzFeed & Daily Mail

Nóg oor die Britse koninklikes