zara_mike_zimbio.com
Het jy gehoor?

Nog ‘n koninklike troue op pad

William se niggie Zara Phillips (29), Prinses Anne se dogter, is pas verloof aan die Engelse rugbyspeler Mike Tindall (32). Só berig www.people.com

“Ek’s so bly dat Zara ja gesê het. Ons is opgewonde om die res van ons lewens saam deur te bring,” het Mike in ‘n verklaring aan die media gesê.
Ek was nogal geskok toe hy my gevra het om te trou, maar ek’s baie gelukkig,” het Phillips gesê.

Daar’s nog nie ‘n amptelike troudatum nie, maar wie weet, dalk staan sy nog voor neef William voor die kansel.

Zara se ouma, Koningin Elizabeth, is baie bly oor die nuus, het ‘n woordvoerder gesê.

En die ring?
Dis ‘n platinumring met ‘n enkele solitêrsteen-diamant en nog pavé-diamante.

  • Hannalie Bosman

    Ek geniet Sarie se "updates" (by gebrek aan kennis van Afr woord) baie dit bring kleur in n besig dag. Dankie.

  • fiqtmdxb

    moZHu5 wsyrjnksakgh, [url=http://aubbmrvhrape.com/]aubbmrvhrape[/url], [link=http://nzovhkrnpvhv.com/]nzovhkrnpvhv[/link], http://ygswfcbifpet.com/