Het jy gehoor?

Nóg ‘n koninklike troue!

Madeleine is die jonger dogter van koning Carl Gustaf XVI en koningin Silvia. Sy gaan sedert Januarie 2011 uit met O’Neill, ‘n Amerikaner in die bankwese.

Somer 2013 lyk na die beplande tyd vir dié koninklike troue, wat in Swede sal plaasvind. Geen datum is nog bekend nie. O’Neill het glo die ring ‘n maand gelede in New York gekoop, maar die paartjie het hul verlowing geheim gehou. Madeleine het Chris ontmoet ná sy New York toe getrek het om oor haar vorige verhouding met die Sweedse prokureur Jonas Bergstrom te kom.

Die amptelike foto’s is Woensdag by die paleis in Stockholm geneem. Klik by www.kungahuset.se vir nog foto’s.

“Die prinses is baie gelukkig, en ons ook! Hy is elke skoonma se droom!” het koningin Silvia gesê.