Reese Witherspoon FOTO: Getty Images / Gallo Images

Reese Witherspoon FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Nóg ’n Oscar vir Reese Witherspoon?

Gaan Reese Witherspoon nóg ’n Oscar huis toe neem? Dit lyk of die aktrise, wat in 2006 die Oscar gewen het vir Walk the Line, dit dalk volgende jaar weer gaan doen!

Reese het gehore betower met haar diep en oortuigende spel as Johnny Cash se vrou June Carter in die 2006-rolprent oor die country-sanger se lewe. Sedertdien was Reese in ’n rits rolprente, onder meer Just Like Heaven, Rendition, Monsters vs. Aliens, How Do You Know en This Means War.

Nie een van haar rolprente het weer Oscar-aandag gekry nie. Tot nou toe. Reese is binnekort te sien in die fliek Wild. Dié rolprent het dieselfde regisseur as Dallas Buyers Club, wat by vanjaar se Oscars met drie goue beeldjies huis toe is.

Haar karakter in dié fliek stap 1 100 myl op haar eie om ’n groot hartseer in haar lewe te verwerk. Die fliek is gebaseer op die memoire van Cheryl Strayed, wat werklik dié lang tog aangepak het.

Die lokprent van Wild is onlangs op YouTube vrygestel en dit lyk of dié fliek dalk net die een is wat Reese nader aan ’n tweede goue beeldjie sal bring … kyk hier na die lokprent.

Bron: IMDB.com

Nóg oor vanjaar se Oscars op SARIE.com