FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Nóg ’n sanger word akteur

Nóg ’n sanger het besluit om die rolprentbedryf te betree … Dié keer in ’n kortfilm wat vir kykNET se Silwerskermfees vervaardig word.

Sanger Arno Jordaan, bekend vir die snitte “Engele” en “Stukkie van jou hart”, het onlangs saam met die gesoute akteur Neels van Jaarsveld gewerk aan die kortfilm Ben se begrafnis. Dié is Arno se tweede fliek – hy was ook saam met Bobby van Jaarsveld in die musiekblyspel As jy sing.

Arno het die groot nuus saam met ’n foto van hom en Neels op stel van dié fliek op Twitter gedeel.

Sanger Arno Jordaan is een van die dae saam met Neels van Jaarsveld te sien in die nuwe kortfilm Ben se begrafnis FOTO: Twitter (@Arnojordaan)

Sanger Arno Jordaan is een van die dae saam met Neels van Jaarsveld te sien in die nuwe kortfilm Ben se begrafnis
FOTO: Twitter (@Arnojordaan)

Die fliek gaan glo oor ’n man wat ’n teleurstelling moet verwerk nadat hy uit die dood terugkeer.

Neels het dié foto’s agter die skerms van die Ben se begrafnis op Twitter gedeel.

Agter die skerms by Ben se begrafnis FOTO: Twitter

Agter die skerms by Ben se begrafnis
FOTO: Twitter

Neels is ook binnekort te sien in die romantiese komedie Knysna saam met Marguerite Wheatley, wat in Egoli gespeel het, en Sterlopers se Armand Aucamp.

Nóg sanger-akteurs op SARIE.com