FOTO: Twitter (@sarah_louw)

Het jy gehoor?

Nóg ’n Springbok-baba is op pad – dié keer vir Francois Louw!

Die Springbok-rugbyspeler Francois Louw en sy vrou Sarah (néé Tatham) verwag hul eersteling … oor sowat vier maande!

Francois en Sarah het verlede Junie in Durban getrou en woon deesdae in Bath, Engeland waar Francois rugby speel. Sarah het die afgelope week opgewonde op haar Twitter-blad oor haar swangerskap gepraat.

Saam met ’n foto waar sy ’n vriend se baba vashou, het Sarah geskryf dat sy opgewonde is om binnekort haar eie kleinding te ontmoet. Sy het ook dié foto van Francois met ’n stootwaentjie gedeel.

FOTO: Twitter  (@sarah_louw)

FOTO: Twitter (@sarah_louw)

Geluk met jul eersteling, Francois en Sarah!

Kyk hier na die paartjie se trou-video, geneem deur MvR Weddings

Nóg Springbokke met nuwe babas op SARIE.com