FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Nog ’n ster op Instagram

Die aktrise Jessica Simpson het nou miljoene ander mense se voorbeeld gevolg en by Instagram aangesluit.

Die blonde ster en ma van klein Maxwell Drew het reeds drie foto’s op haar Instagram-profiel gelaai sedert sy gister by dié sosiale netwerk aangesluit het. Sy het al meer as 33 000 volgelinge en volg self 99 mense se profiele.

Jessica se post-baba lyf

Sy het eerste ’n foto van haarself op die voorblad van die tydskrif Redbook opgelaai en daarna twee familiefoto’s. Die een is van Jessica saam met haar jonger sussie, Ashlee, en dié se nuwe verloofde, Evan Ross. Die derde en mees onlangse foto op Jessica se Instagram-profiel is dalk die kostelikste ene. Dié foto is van die sangeres en haar blouoog-dogtertjie, Maxwell.

Só lyk die modelle in Jessica se klere-reeks

Jessica en haar oulike dogtertjie, Maxwell Drew. FOTO: Instagram

Jessica en haar oulike dogtertjie, Maxwell Drew. FOTO: Instagram

Dis ’n groot week vir die Simpsons met Ashlee wat haar verlowing aan Diana Ross se seun, Evan, Dinsdag in Hawaii met ’n foto op Twitter aangekondig het. Ashlee was voorheen getroud met Pete Wentz, lid van die musiekgroep Fall Out Boy.

Ashlee by haar verloofde Evan. Kyk net die ring! FOTO: Twitter

Ashlee by haar verloofde Evan. Kyk net die ring!
FOTO: Twitter

Sanger Nicolas Louw is verloof!

Volg ook dié bekendes op Instagram: