screen_shot_2013_08_02_at_11.58.04_am
Het jy gehoor?

Nóg ‘n swangerskap uit Hollywood

Nee, baba-koors is nog nie verby nie!

Die Transformers-ster Megan Fox is weer swanger. Sy en haar man, die Beverly Hills 90210-akteur, Brian Austin Green het reeds ‘n seun van 10 maande oud, Noah. Dié paartjie het nie op hulle laat wag nie en is “baie opgewonde” om hul tweede kind te verwelkom.

Hulle is baie privaat en het dié nuus stilgehou sodat dit nie met Megan se beroep inmeng nie. Die 27-jarige aktrise verfilm op die oomblik aan die Teenage Mutant Ninja Turtles’ fliek.

Alhoewel dié vinnige tweede swangerskap ‘n verrassing is, het Megan al in die verlede gesê sy soek nog kinders. “Ek wil vir Noah alles van myself gee wat ek kan. En ek soek nóg kinders. Dít is waar my hart lê.”

Nóg swangerskappe

Simon Cowell se meisie van die afgelope jaar, Lauren Silverman, is swanger. Daar het ‘n mediastorm oor Simon en Lauren se kop gebars omdat Lauren steeds tegnies getroud is met een van Simon se goeie vriende, maar hulle is van mekaar vervreem. Lees meer hier oor dié swangerskap.

Die aktrise Jennifer Love Hewitt en haar medespeler op die televisieprogram The Client, Brian Hallisay, is ook eersdaags nuwe ouers. Die 34-jarige Jennifer het lank reeds gesê sy wil kinders hê, maar kon nooit die regte man vind nie. Maar dit lyk of sy in Brian die perfekte man gekry het.

Die Oscar-bekroonde aktrise Kate Winslet en haar man, Ned Rocknroll  (‘n sakeman en familie van sir Richard Branson), verwag hul eersteling! Dié paartjie is in Desember verlede jaar getroud, en die baba sal byna ‘n jaar ná hul troue sy (of haar) opwagting maak. Dit sal Kate se derde kind wees. Sy is reeds ma van die 12 jaar oue Mia, wie se pa die regisseur Jim Threapleton is, en die 9-jarige Joe, seun van die Bond-regisseur Sam Mendes.

Prins William se niggie Zara Phillips is swanger.Die koningin se kleindogter (32) en haar rugbyspeler-man, Mike Tindall (34), verwag hul eersteling.

FergieFergie en Josh Duhamel het bekendgemaak hulle gaan ‘n seuntjie hê! En met dié gene gaan die bulletjie beslis iets vir die oog wees! Fergie het ook onlangs haar ooievaarstee gehad (foto regs).

Halle Berry verwag haar tweede kind. Dis ‘n eersteling vir Olivier Martinez en gerugte is dat dit ‘n seuntjie gaan wees!

Die Glee-ster Heather Morris (Brittany in Glee) is swanger met haar eersteling.

Michael Bublé se vrou Luisana Lopilato is ook vir die eerste keer swanger.

Donald Trump se dogter Ivanka Trump en Jared Kushner verwag hul tweede kind.

Eerste amptelike fotosessie met prins George

William, Kate en klein George sal hul eerste amptelike fotosessie hê voordat William se vaderskapverlof verby is. Georgie, soos wat oupa Charles hom noem, is al sowat ‘n week oud en William het blykbaar  twee weke verlof by die lugmagbasis gekry. Dit beteken net een ding … dié pragtige gesinsfoto’s is binnekort hier!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images