FOTO: @zooeydeschanel

Het jy gehoor?

Nóg ’n TV-ster sonder grimering

Die Hollywood-aktrise Zooey Deschanel, bekend as Jess in die sitkom New Girl, is nou ook een van die rits bekendes wat ’n selfie sonder grimering geneem het.

Die aktrise, wat roem verwerf het toe sy in (500) Days of Summer gespeel het, het die afgelope naweek haar grimeerlose selfie op Twitter gedeel.

Die beste van dié selfie? Sonder haar grimering én sonder ’n filter op die foto lyk Zooey nie soos ’n glansryke superster nie, maar soos een van ons – net ’n gewone vrou! Zooey se groot blou oë, wat al menige kyker se hart laat smelt het, is skoon rooi van die slaap.

Zooey word ontwerper

Zooey sal een van die dae ook modeontwerper op haar CV kan skryf. Dié aktrise, sangeres en liedjieskrywer gebruik nou haar kreatiewe modesin om ’n splinternuwe klerereeks saam met Tommy Hilfiger te ontwerp, skryf Us Weekly.

Dié mode- en skoonheidsreus sê hy waardeer dit dat Zooey, wat onlangs in een van sy ontwerpe na die Met Gala is, haarself nie te ernstig opneem nie.

Hier is Reese Witherspoon, Nicole Richie, Zooey en Selena Gomez by die Met Gala.

“Sy leef haar lewe met ’n sin vir humor. Enigiemand kan dink aan baie Hollywood-akteurs en Hollywood-tipes wat hulself ernstig opneem. En vir seker neem mense in die modebedryf hulself baie ernstig op – maar ons doen nie,” het Tommy verder uitgewei.

Nóg oor selfies op SARIE.com