suria_head_shoulders
Het jy gehoor?

Nog nuwe gesigte in 7de Laan

Op 11 Mei ontmoet ons vir Jai’prakash Sewran (foto regs onder)in die rol van Asha se jeugvriend Trishan – die sjarmante en belowende jong sakeman wat in haar familie se oë die regte trouman vir haar is. Maar wat gaan Sanjay hiervan dink? En nog belangriker: hoe gaan Asha oor hom voel? Hier kom beslis ‘n ding!

Ook op 11 Mei begin ‘n nuwe kelnerinnetjie by Oppiekoffie werk. Pulani (Masego Sehoole – foto links onder) is petite en pragtig. Maar hoekom is sy so ‘n senuweewrak wat aanmekaar haar bestellings verkeerd kry? Sy koester ‘n donker geheim wat haar nuutgevonde loopbaan kan kelder.

Wanneer Asha se ma (Suria Govender – foto bo) op 28 Mei in Hillside opdaag, is Asha ‘n wrak. Hoe gaan sy keer dat Sanjay hulle verhouding aan haar ma uitlap? En hoe gaan sy die druk hanteer wat haar ma en Aunt Rishna op haar plaas om met Trishan te trou?

Daar is beslis interessante verwikkelings aan die broei en ons wil kykers aanraai om geen 7de Laan-episodes in Mei te mis nie!

Foto links: Pulani (Masego Sehoole). Foto regs: Trishan (Jai’prakash Sewran)

PulaniTrishan

  • Ria

    Wat is "Tant Delores" se regte naam. Is dit ook "Worsie van Vetkoekpaleis" se "Ma"?

  • Hester Heuschen

    Ja, sy is Worsie se Ma in Vetkoekpaleis. Ek dink haar naam is Marga van Rooy.