Die SA-aktrise Kim Engelbrecht het al in Hollywood ook naam gemaak vir haarself
FOTO: Twitter

Die SA-aktrise Kim Engelbrecht het al in Hollywood ook naam gemaak vir haarself FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Nóg Suid-Afrikaners in Amerikaanse reeks

Hoewel Suid-Afrikaanse akteurs ons deesdae aan die gons het oor hul rolle in Homeland, is hulle nie die enigste Suid-Afrikaners wat Hollywood oorneem nie …

Twee Suid-Afrikaners speel ook in die nuwe TV-reeks Dominion, wat tans in Amerika uitgesaai word. Kim Engelbrecht, wat vroeër vanjaar in Konfetti gespeel het, en Tyrone Keogh van The Wild-faam, speel in dié fantasie-reeks wat op die kanaal Syfy uitgesaai word.

Kim was sover in al vyf die episodes wat uitgesaai is en Tyrone, wat verloof is aan die voormalige Mej. SA Nicole Flint, het in drie episodes gespeel. Die sesde episode word Donderdag uitgesaai, volgens IMDB.

Kim vertolk die rol van sersant Noma Walker en Tyrone is luitenant Vince.

Goeie nuus vir Kaapstadse akteur

Stelio Savante, Kaapstadse akteur wat deesdae sy heil soek in Amerika, het ook onlangs goeie loopbaannuus gekry.

Die akteur, wat onder meer in A Beautiful Mind en My Super Ex-Girlfriend gespeel het, het nóg ’n fliekrol losgeslaan. Hy gaan Perry Gandy speel in Windsor, ’n fliek oor ’n tienermeisie wat teen ’n korporatiewe reus opstaan om haar gesin te beskerm.

Hy is al by die Screen Actors Guild-toekennings benoem vir sy spel as Steve in Ugly Betty-faam.

Bronne: IMDB.com & Zalebs

Nóg Suid-Afrikaners in Hollywood