kate
Het jy gehoor?

Nóg swanger-nuus uit Hollywood

Die Oscar-bekroonde aktrise Kate Winslet en haar man, Ned Rocknroll (‘n sakeman en familie van sir Richard Branson), verwag hul eersteling! Dié paartjie is in Desember verlede jaar getroud, en die baba sal byna ‘n jaar ná hul troue sy (of haar) opwagting maak.

Volgens Kate se agent is albei baie opgewonde. Dit sal Kate se derde kind wees. Sy is reeds ma van die 12 jaar oue Mia, wie se pa die regisseur Jim Threapleton is, en die 9-jarige Joe, seun van die Bond-regisseur Sam Mendes.

Kate het reeds in 2006 aan InStyle gesê sy wil meer kinders hê:

Ek weet nie of ek nog een of twee kinders wil hê nie. Ek sal mal daaroor wees om nóg te hê!

Jennifer Love Hewitt

Die aktrise Jennifer Love Hewitt en haar medespeler op die televisieprogram The Client, Brian Hallisay, is ook eersdaags nuwe ouers. Volgens gerugte is Jennifer reeds in haar tweede trimester. Dié nuus kom ‘n jaar nadat haar ma aan borskanker oorlede is.

Die 34-jarige Jennifer het lank reeds gesê sy wil kinders hê, maar kon nooit die regte man vind nie. Sy het selfs vroeër vanjaar die opsie oorweeg om haar eiers te laat bevries. Maar dit lyk of sy in Brian die perfekte man gekry het.

Bronne: The Telegraph en Daily Mail

Ons eie swanger bekendes

Die sangeres Zolani van Freshly Ground en Minki van der Westhuizen is óók swanger. Kyk hoe mooi lyk hulle!

ZolaniMinki van der Westhuizen

Nuwe televisieprogram!

Nege maande

Nege Maande is ‘n 12-episode-reeks wat nege verskillende swangerskappe oor dieselfde tydperk dokumenteer. Maar die reeks gaan oor meer as net swangerskap en lewer sterk sosiale kommentaar op die verskille in denkwyse en doen van Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners. Ontmoet nege ma’s van verskillende ouderdomsgroepe, agtergronde en sosiale omstandighede terwyl hulle die tweede en derde trimesters van hul swangerskappe saam beleef.

Nege Maande begin 11 Julie op kykNET (DStv-kanaal 144).