Die West-gesin: Kim Kardashian by Kanye West en hul baba, North
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Die West-gesin: Kim Kardashian by Kanye West en hul baba, North FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Het jy gehoor?

North West gee haar eerste treë

Kim Kardashian en Kanye West se eenjarige dogter, North, het dié week ’n groot mylpaal bereik – die kleinding het haar eerste treë gegee!

North, of Norrie, soos haar familie haar gedoop het, het gister begin loop ná ’n sessie in die swembad. Kim het die groot nuus op haar Instagram-blad gedeel met ’n foto van haar en die kostelike baba, toegedraai in ’n geel handdoek.

Trotse pa Kanye het dié foto geneem.

“Ons babameisie het vandag een week se swemlesse klaargemaak en toe haar eerste treë gegee net nadat sy uit die swembad geklim het! Mamma en Pappa is so trots op jou!” het Kim op Instagram geskryf.

North neem al vir ’n week lank swemlesse waar haar ouers op Punta Mita, Mexiko, vakansie hou, skryf Us Weekly. Lees die volledige artikel hier. ’n Bron na aan die familie het ook aan Us Weekly vertel dat die eenjarige baie goed doen in die swembad.

Kim en Kanye, wat in Mei getroud is, het hul dogter se eerste verjaardag aan die begin van die maand gevier met ’n karnaval-partytjie.

Bron: Us Weekly

Nóg baba-nuus op SARIE.com