Het jy gehoor?

Nou kan jy Foodle

Jy kan in alle waarskynlikheid al Google, maar nou’s daar Foodle vir jou selfoon. Dis ‘n nuttige Eat Out-restaurantgids wat jy eenmalig aflaai vir slegs R15 per streek. Al die restaurante in jou omgewing is daarop gelys en jy kan in ‘n japtrap ‘n tafel by enigeen van hulle bespreek.

Met Foodle kan jy enige restaurant opspoor deur die naam of area in te tik. Foodle verskaf dan die kontakbesonderhede, adres, tye wat die restaurant oop is en ‘n Eat Out-resensie oor die restaurant – alles wat jy nodig het in jou handpalm.

SMS een van hierdie kodes om Foodle af te laai:

Wes-Kaap: SMS FOOWC na 39880
Kaapstad: SMS FOOCPT na 39880
KwaZulu-Natal: SMS FOOKZN na 39880
Gauteng: SMS FOOGP na 39880

Vir meer inligting, klik hier.