FOTO: Twitter  @DjokerNole

FOTO: Twitter @DjokerNole

Het jy gehoor?

Tennisster Novak Djokovic trou vandag!

Ná hy sy tweede Wimbledon-titel verower het, sien Novak Djokovic uit na sy volgende uitdaging – die huwelik met sy swanger verloofde, Jelena Ristic.

Volgens berigte gaan dié Serwiër vandag in ’n luukse oord in Montenegro afhaak. En volgens die International Business Times gaan Andy Murray sy strooijonker wees.

Almal het verwag dat Andy, indien hy met die Wimbledon-titel sou wegstap, sy meisie, Kim Sears, sou vra om te trou. Maar dit was hom nie beskore nie.

Ander tennisspelers op die gastelys is Boris Becker, Viktor Troicki, Janko Tipsarevic, Ana Ivanovic, Jelena Jankovic, Nenad Zimonjic en Maria Sharapova.

Die media is verbied om foto’s van dié geleentheid te neem of te publiseer. Die regte van die troufoto’s is glo reeds verkoop en al die geld gaan aan liefdadigheid.

Novak en Jelena is reeds die afgelope 8 jaar ’n paartjie en het in 2013 hul verlowing aangekondig. Hulle verwag hul eersteling in Augustus vanjaar.

Die oord, Sveti Stefan, is aan die kus van Montenegro geleë en is een van die luuksste oorde en baie eksklusief. Hier is foto’s van die oord:

Bronne: International Business Times, Die Burger, Aman Resorts