Debora Patta (regs) en Zoleka Mandela FOTO: Twitter (@ZolekaMandela)

Het jy gehoor?

Nuusvrou Debora Patta nou ’n komediant?

Ons ken Debora Patta as ’n ernstige joernalis, maar binnekort wys sy haar ligter kant …

Debora, wat verlede jaar by 3rd Degree bedank het om vryskutwerk te doen, is die aanbieder van ’n nuwe satiriese vertoning wat Comedy Central by Gold Reef City beplan, berig Artslink.

Dié bekroonde ondersoekende joernalis vind die produksie, Comedy Central Presents Colourblind Live at the Lyric, baie opwindend. Oor haar verrassende skuif na die verhoog sê sy in ’n persverklaring: “Dis baie cooler om by slim, snaakse mense te wees as by vervelige, ernstige joernaliste. Ek hou van die idee om sosiale kommentaar in ’n satiriese stem te lewer.”

FOTO: Twitter (@ComedyCentralAF)

FOTO: Twitter (@ComedyCentralAF)

Van ons land se gewildste komediante is deel van die vertoning, wat dié naweek by Gold Reef City se Lyric-teater plaasvind. Joey Rasdien, Chris Forrest, Tumi Morake en Ndumiso Lindi dryf die spot met sensitiewe onderwerpe soos rasseverhoudinge.

Die vertoning is hierdie Vrydag- en Saterdagaand (kaartjies beskikbaar by Computicket), en jy kan in Augustus hooftrekke daarvan op Comedy Central (DSTV-kanaal 122) sien.

Debora Patta

Bron: Artslink.co.za