FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Nuut op jou kassie vanaand: ‘Die Boekklub’

Die Boekklub, ’n klein dorpie met baie geheime, interessante karakters, ’n tikkie fantasie en hope boeke. Wat meer wil jy van ’n reeks hê?

Vanaand is uiteindelik die aand om dié reeks te begin volg en dit klink of Die Boekklub een van ons gunsteling-televisiereekse gaan word!

Die Boekklub speel af op die prentjiemooi Merweville in die Groot Karoo, iewers tussen Laingsburg en Beaufort-Wes, en ook in Stellenbosch.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Kyk uit vir Jana Cilliers, Armand Aucamp, June van Mersch, Chris van Niekerk, Lee-Ann van Rooi, Marcel van Heerden, Louw Venter en ons Januarie-voorbladgesig, Christia Visser. Christia speel die geheimsinnige meisie met die vlymskerp tong, Lillie, wat Tom (Armand Aucamp) in die veld ontmoet het.

Die Boekklub is ’n dramareeks van 13 episodes waarin elke episode losweg gekoppel is aan ’n boek. Die reeks is geskryf deur Louis Pretorius (medeskrywer van Vallei van Sluiers en Die Boland Moorde) met Quentin Krog (Ballade vir ’n Enkeling en Sterlopers) as die regisseur.

Die Boekklub begin vanaand 20:30, op kykNET (DStv-kanaal 144).

Kyk die voorskou hier:

Lees ook