Het jy gehoor?

Nuut van SARIE: Tydskrif propvol top-blokraaisels

SARIE, die topverkoper-vroueglanstydskrif in Suid-Afrika, spog met ’n splinternuwe tydskrif vol van jou gunsteling tydverdryf: SARIE BLOKRAAISELS bevat 43 van die beste blokraaisels wat nóg in SARIE verskyn het. Die tydskrif is saamgestel deur Anina Roux, wat bekend is vir haar blokraaisels en Sudoku.

SARIE BLOKRAAISELS is nog ’n uitbreiding van die gewilde SARIE-handelsmerk wat SARIE BRUID, SARIE KOS, SARIE WOON, SARIE GESOND en www.sarie.com insluit. Hierdie alleenstaande tydskrif bied jou ure se kopkrap-genot.

“SARIE lesers is gaande oor blokraaisels en kan nooit genoeg daarvan kry nie. Ons wil graag aan dié behoefte voorsien – dié spesiale tydskrif met net die beste raaisels is vir hulle,” sê SARIE se redakteur, Michélle van Breda.

Die eerste uitgawe sal vanaf 17 Maart 2010 beskikbaar wees en het ’n maklike wedstryd waarin ’n leser R5 000 kan wen. SARIE BLOKRAAISELS is teen slegs R29,95 by uitsoektakke van CNA, Checkers, Checkers Hyper, Pick n Pay, Pick n Pay Hyper en Spar beskikbaar. SARIE BLOKRAAISEL sal twee maal per jaar uitgegee word.

  • Melanie Goldschagg

    My ma gaan in die wolke wees. Sy is 70 jaar oud en doen elke dag plus minus 5 raaisels. Sy glo dit hou Alzheimers weg en ek is geneig om saam te stem. Ek is self gaande oor ‘n blokraai maar skeur nou maar getrou die raaisels uit en bêre dit vir haar. Sy is in Rustenburg en ek in die Oos-Kaap. Wanneer ek haar dus sien is dit met ‘n pak vol raaisels. Dankie vir die boek. Jammer dis net twee keer per jaar. Ek is ‘n tydskrif liefhebber en koop talle maar daar is iets hartseer daaraan om ‘n tydskrif te skeur.

  • Riekie Nel

    Ons vlieg 20 Maart SA toe van die VAE, en sal net betyds daar wees om ‘n Sarie blokraaisel boek te kan kry vir ons 4weke vakansie. Regtig iets ekstra om na uit te sien. Wens ek kon hom voor die tyd gehad het vir die lang vlug…

  • Carina

    Dit is ‘n uitstekende idee!! Ek en my man is altwee baie lief vir blokraaie! Maak altyd ‘n fotostaat sodat ons al2 dit kan voltooi en dan vergelyk ons die antwoorde.

  • Altha Claassen

    Kan nie wag vir die Blokraaiboek nie – wat ‘n uitstekende idee. Ek en my man is altwee verslaaf aan blokraaisels. Dit is regtig goeie breinoefening! Sterkte en bou so voort.

  • ‘n Wonderlike idee, maar hoekom word suduko-liefhebbers afgeskeep? Glo my, dit hou die brein nog wakkerder as blokkiesraaisels.

  • Ethne

    Hou beslis die brein aan die gang glo ek en goeie tydverdryf

  • Rin

    Ek kry dit nie by CNA (Table View) nie – enige ander plek wat dit dalk aanhou?

  • R

    Dis nerens bekikbaar in Pretoria nie?

  • Marelise

    Ek wat baie lief is vir blokraaisel is baie teleurgestel dat die 8 bladsye wat afgesny is nou vir ons ge-email word. Ons sal afslag moet kry op die volgende uitgawe – hulle kan gerus vir ons die laaste bladsye pos in ‘n spesiale boekvorm. Dit is nie lekker vir my om op los blasye in te vul nie. Maar baie dank vir julle oulike boek. Dit sal my ure besig hou voor ons nuwe kaggel. Baie dankie

  • Nicolette Louw

    Nou hoe gamaak as ek in Oudtshoorn bly en dit nie raakloop nie? Het ‘n niggie in Trinidad wat ek graag die boek sal wil stuur! Sy is gek oor blokkies en die ma stuur gereeld los blaaie van al die tydskrifte beskikbaar. Het juis gister boodskap gekry: "MY BLOKKIES ALMAL VOL!!!"

  • Is dit moontlik om ‘n internet bestelling te doen?
    Ek MOET dit kry vir my man – gou ook – vir Vadersdag

  • MeChelle Vermeulen

    Hoe kry ek die blokraai tydskrif in New Zealand? Kan ek internet bestelling doen?

  • Rosemarie Steyn

    Ek is verslaaf aan blokraaisels maar het nog nooit die boek by ons gesien nie. Ons bly in Burgersfort en die naaste CNA is in Polokwane en Nelspruit. Kan julle dalk vir my ‘n boek pos asseblief?
    Bankbesonderhede of KBA
    PO Box 1097
    Lydenburg
    1120
    Dankie
    Rosemarie

  • Kotie de Bruin

    Wanneer verskyn die tweede nommer van hierdie publikasie. Nog nie weer een sedert die eerste nommer gesien nie. Laat weet tog?

    Dankie

    Verslaaf aan Blokkiesraaier

  • mvzME0 lruuqmlltlvz, [url=http://mtpvovsowdql.com/]mtpvovsowdql[/url], [link=http://jucdoyrybjal.com/]jucdoyrybjal[/link], http://leefcgseexzw.com/

  • amanda bodenstein

    Laat weet asb wanneer die tweede een beskikbaar is, my eerste een is lankal al vol!!

  • Marie van der Walt

    Ek wil graag die Junie uitgawe van die Blokraaiselboek koop. Kan ek dit nog steeds kry en waar?