Elsa Pataky en Chris Hemsworth FOTO: Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S

Het jy gehoor?

Nuutste babanuus uit Hollywood

Die ooievaar was die afgelope naweek baie besig in Hollywood! Chris Hemsworth (van Thor-faam) se tweeling is gebore en boonop is Mila Kunis blykbaar ook swanger.

Die Australiese akteur Chris en sy vrou, Elsa Pataky, se tweelingseuns is vroeg Vrydagoggend gebore, berig The Sydney Morning Herald. Die paartjie is glo Donderdag reeds in hul kar op pad na die Cedars Sinai-hospitaal in Beverley Hills gesien.

Chris Hemsworth-fliek in SA verfilm

Dis die tweede keer dat dié paartjie ouers word. Hul eersteling, India Rose, is 22 maande oud.

The Sydney Morning Herald berig verder dat Chris angstig op-en-af in die gang van die kraamsaal geloop het terwyl hy op sy tweeling gewag het. Hy het al vantevore vertel dat hy dit geniet om ’n ouer te wees en dankbaar is dat sy familie saam met hom reis wanneer hy rolprente maak.

“Dit sou moeilik gewees het om aan verskillende kante van die wêreld te wees,” het hy glo gesê.

Derick Hougaard oor sy en Karlien se tweeling

Mila Kunis swanger

In nóg babanuus uit Hollywood is aktrise Mila Kunis glo swanger met haar en Ashton Kutcher se eersteling. Dié paartjie het vroeër vanjaar hul verlowing aangekondig.

E! Online het dié nuus gebreek nadat Mila by ’n joga-klas vir swanger vroue gesien is.

Ashton Kutcher en Mila Kunis FOTO: Instagram (@kunismilena)

Ashton Kutcher en Mila Kunis
FOTO: Instagram (@kunismilena)

Hoewel daar gerugte is dat dié paartjie ook ’n tweeling verwag, bevestig E! Online dat Mila en Ashton net een pienkvoet verwag.

Pierre Spies en Bob Skinstad het ook oor die naweek hul pienkvoete verwelkom – lees hier.