img_9225
Het jy gehoor?

Nuwe Afrikaanse TV-reeks ‘Liefste Kayla’ begin Januarie

Die Liefste Kayla-produksiespan is al langer as ‘n maand aan die werk, en die media is genooi vir ‘n eksklusiewe kykie agter die skerms.

“Dink Hannah Montana in Afrikaans en daai reeks iCarly [met 'n volledige blog-platform en aanlyn-been], dan kry jy Liefste Kayla,” sê Nerine Lombaard van Collective Dream-bemarking, die vervaardigers van die reeks. Die sitkom-styl word vervleg met musiekvideo’s van Kayla, en dit skep die gevoel van ‘n musiekblyspel.

Op stel by Liefste KaylaOp stel by Liefste Kayla

Om die eetkamertafel sit Kayla en die Venter-gesin aan vir ontbyt – gereed vir “Take 4″. Louw Venter speel pa Hennie en Franci Swanepoel die rol van Kayla se ma, Monja Venter. Zander, haar broer, word gespeel deur Viljé Maritz en dan’s daar Oupa Frank, die veteraan-akteur Neels Coetzee.

Op stel by Liefste Kayla

Waar kom die idee vandaan?
Die hoofkarakter in die fliek, Kayla Venter, se passie is musiek en om te sing, en haar familie is haar anker. Haar storie is byna dieselde as dié van Kayla Gouws, wat die rol van Kayla vertolk.

Toe die regte Kayla 9 jaar oud was, het sy begin liedjies skryf. Sy het Sean Else ontmoet en dit vir hom gegee, min wetend dat hy al lankal met die idee vir ‘n tienerreeks loop. Kayla het self 90% van die liedjies in die reeks geskryf, en met hoofteksskrywer Sandra Vaughn aan boord het die reeks gestalte gekry.

Kayla Gouws (Kayla Venter) en Nadia le Roux (Cara van der Merwe)

Kayla Gouws (Kayla Venter) en Nadia le Roux (Cara van der Merwe)

Kayla en Nadia (gespeel deur Cara van der Merwe – foto bo), haar beste vriendin in die reeks, is ook beste vriende in die regte lewe. “Ons act eintlik nie, ons is maar net!” lag Kayla.

Vir die verfilming het Kayla, haar ouers, Gerrit en Jolene, en haar kleinboet, Devon, almal Bloemfonteiners, in die Kaap kom bly (foto onder).

Kayla en haar gesin. Gerrit, Jolene en klein Devon

Ander bekende name in die reeks is die veteraan-aktrise Annette Engelbrecht (tannie Ansie) en Pedro Kruger (kleiner rol). Die regisseur is Shirley Ellis.

Die reeks begin 15 Januarie 2013 om 19:30 op kykNET.

Franci Swanepoel gesels oor haar nuwe TV-rol in Liefste Kayla

  • Dalena

    Ek hou nie van Hannah Montana nie. Die karakter se beterweterige en aangeplakte maniere laat my tande kners van irritasie. Dieselfde geld ook vir al die ander ‘tiener’ reekse op die kinderkanale. Sean, ek hoop van harte nie hierdie is ‘n verafrikaansde weergawe van die Disney resep nie! Ek hou duim vas! Kayla, mag jy ‘n beter rolmodel wees as ou wysneus Hannah.

  • Eloise

    Eks baie opgewonde hieroor!

  • Carin

    Die reeks gaan beslis ‘n treffer wees en almal verbaas. Kayla is ‘n talentvolle, passievolle en voorbeeldige tiener en n rolmodel vir baie kinders van haar ouderdom. My seun is bevoorreg om deel te wees van die cast en glo my, die Disney resep kan by Sean kom leer. Hoop almal geniet dit terdee!

  • lezaan

    kayla,jou show is awesome!!!!

  • Louisa

    My meisiekind, 10 jr oud, kan nie wag om op ‘n Dinsdagaand voor die kassie in te skuif, om vir Kayla te kyk nie! Sean, jy het ‘n wenresep hier beet! Knap gedaan! :-))))

  • Tersia

    Hi daar my 2 girls 10 en 9jaar oud is mal oor julle nuwe program en dis boonop in Afrikaans, uitstekend !!!!!
    Kan nie wag om dit elke dinsdag aand te kyk hoef nie eers 2 keer te praat om hulle gebad gekleed en geeet te kry die aand nie, wonderlik is die woorde wat die mamma het. Baie dankie julle :)

  • Erik

    kayla dis n Awesome epesodes hou baie da van.soek graag jou bbm pin as j een het.;)

  • lianca

    ek hou soos BaIebvan di show. maar ek se hulle moes imand anders vir di hoofrol kry
    want kayla jy kan ni act nie hou van divres maar nie kayla ni

  • lianca

    ag jamer ek het bedoel ek hou daarvan maar kayla jy suck

  • lianca

    di show suck