cloudy_intl_doc65_4k_vd8.0180_lm_v7
Het jy gehoor?

Nuwe animasie-fliek ‘n fees!

Vrydag 16 Oktober tref ‘n splinternuwe prettige animasie-fliek (of dalk ‘n frikkadel) ons groot skerms. Cloudy with a Chance of Meatballs is ‘n skreeusnaakse avontuur oor ‘n dorpie waar kos letterlik uit die lug reën!

Aspirerende uitvinder, Flint Lockwood, se nuutste “kontrepsie” kan water in kos verander. Maar die “wondermasjien” ontplof met stukke wat letterlik in die lug opskiet. Wat as die einde van nóg ‘n mislukte projek gelyk het, was toe die begin van groter dinge toe kaasburgers ewe skielik uit die lug begin val… Eureka! Die mense word gretig, die frikkadelle al hoe groter en toe…

Dié nuwe Sony-fliek het in 1978 vir die eerste keer lewe gekry as ‘n kinderverhaal geskryf deur Judi Barrett en geïllustreer deur Ron Barrett.

Moet dit nie misloop nie!

Hier’s ‘n lusmaker

Bekroonde sjef, Reuben Riffel, deel eksklusief hierdie ‘meatball’-resep met sarie.com-gebruikers. Geniet!

WEN!

10 gebruikers kan elk ‘n Cloudy with a Chance of Meatballs-geskenkpakke, elk met ‘n sambreel, kosblik en plekmatjie,kry. Elke geskenkpak is R200 werd. Skryf hier onder in.


Cloudy with a Chance of Meatballs