FOTO: Charl Marais

FOTO: Charl Marais

Het jy gehoor?

Nuwe babas vir twee Mejj. SA’s

Albei het al die Mej. SA-kroon gedra en nou het Jo-Ann Strauss én Basetsana Kumalo goeie nuus oor hul pienkvoete.

Jo-Ann en haar man, Michael Held, se eerste baba – ’n seun – is onlangs gebore.

“Elke keer wat ek na ons kleintjie se gesig kyk, sukkel ek om te glo dat hy maar net 14 dae gelede letterlik deel van my was, en hier is hy nou!” skryf Jo-Ann op haar blog, Modern Mommy.

Só het Jo-Ann en die nuwe Mej. SA, Rolene Strauss, mekaar jare gelede ontmoet

FOTO: Facebook

Jo-Ann – sprankelend en swanger – op die strand FOTO: Facebook

Die voormalige Mej. SA, bekend vir haar werk as TV-aanbieder en besigheidsvrou, het dié blog onlangs begin om haar babanuus en haar ervaring as ma met ander nuwe ma’s te deel.

Kyk hier na foto’s van Jo-Ann se babaseun wat sy op haar blog geplaas het. 

Basetsano Kumalo, wat 20 jaar gelede as Mej. SA gekroon is, het pas aangekondig dat haar derde pienkvoet op pad is. Die 40-jarige Basetsano, beter bekend as Bassie, het aan Channel 24 gesê sy voel verheug en geseënd om nóg ’n lid in haar gesin te verwelkom.

 

Basetsano Kumal (regs) by die politikus Lindiwe Mazibuko FOTO: Twitter

Basetsano Kumal (regs) by die politikus Lindiwe Mazibuko
FOTO: Twitter

Dié Hollywood-paartjie verwag hul eerste pienkvoet

Bassie en haar man, Romeo Kumalo, het reeds twee seuns. Nkosinathi Gabriel, die oudste, en die klein uShaka Kgositsile Emmanuel wat byna twee jaar oud is.