FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nuwe Beauty and the Beast-fliek, en kyk net die rolverdeling!

Die Oscar-bekroonde rolprent van dié Disney-sprokie, wat in 1991 verskyn het, bly tot vandag toe ’n gunsteling. Nou word daar ‘n nuwe fliekweergawe van die gewilde liefdesverhaal beplan, maar dis nie weer ’n animasieprent nie. Die rolverdeling van die prent, wat in 2017 sal verskyn, spog met gesogte Hollywoodsterre.

Die hoofkarakter, Belle, sal deur die Harry Potter-ster Emma Watson gespeel word, en die Ondier (The Beast) deur Dan Stevens van Downton Abbey-faam.

Ander groot name in die rolverdeling is Lord of the Rings se Gandalf, sir Ian McKellen, as Cogsworth, die horlosie, en Emma Thompson as Mrs. Potts, die vriendelike teepot.

Belle se pa, Maurice, sal gespeel word deur Kevin Kline, en die grapjas Josh Gad sal die gemene Gaston se regterhand, LeFou, speel. Hy het hierdie foto op sy Twitter-blad gedeel:

 

Screen Shot 2015-04-15 at 11.31.46 AM

 

Josh het ook dié foto saam met van sy medesterre op Instagram gedeel, met die onderskrif: “Ons kan nie wag dat julle ons gaste is nie”. Dit sinspeel op die treffer uit die 1991-fliek Be Our Guest.

Screen Shot 2015-04-15 at 11.32.20 AM

 

Lees ook: