Foto: Gallo Images/ Getty

Foto: Gallo Images/ Getty

Het jy gehoor?

Nuwe betekenisvolle tatoe vir Angelina

Angelina, wat ‘n stuk of 17 tatoes het, het ná haar dubbele mastektomie besluit om ‘n betekenisvolle tatoe te kry.

Foto: Gallo Images/ Getty

Foto: Gallo Images/ Getty

Die aktrise, wat in Mei vanjaar erken het dat sy ‘n dubbele mastektomie ondergaan het, het ‘n tatoe gekry om haar aan dié dapper besluit te herinner. Sy het op haar regterarm ‘n Arabiese woord gekry wat min of meer dieselfde betekenis as vasberadenheid het.

Angelina Jolie maak nóg ‘n inspirerende fliek

Die 38-jarige aktrise is tot Desember in Australië saam met haar ses kinders waar sy aan haar nuutste rolprent, Unbroken, werk. Brad Pitt is nou in Engeland om sy nuwe fliek, Fury, te verfilm. Brad het onlangs vir Angie, wat ‘n vlieglisensie het, ‘n straler gekoop juis vir sulke tye wat die gesin ver uitmekaar is.

Brad koop vir Angie ‘n straler!

‘n Oscar vir Angie

Angelina gaan by die volgende Oscar-geleentheid vereer word met ‘n Governors Award. Dié prys word jaarliks toegeken aan mense wat ‘n groot bydrae tot die filmbedryf gelewer het. Angelina, wat in 1999 ‘n Oscar gewen het vir haar rol in Girl, Interrupted, is die jongste van die ontvangers, wat Angela Lansbury (Murder, She Wrote), Steve Martin (Bowfinger) en die Italiaanse kostuum-ontwerper Piero Tosi insluit.

‘n Oscar bly egter vir Brad ontwyk. Hy is al vier keer benoem, maar het nog nie met die beeldjie weggestap nie. Nou lyk dit tog of hy én Angie in Februarie volgende jaar met ‘n goue beeldjie huis toe kan gaan. Kenners meen Brad kan ‘n Oscar ontvang vir 12 Years A Slave, waarvan hy ook ‘n vervaardiger is.

HIERONDER is die lokprent van 12 Years A Slave