FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nuwe biografie oor Kate: Lees die 9 interessantste feite hier

‘n Nuwe biografie oor Kate, die hertogin van Cambridge, is pas bekend gestel. The Future Queen ondersoek Kate se kinderdae, opvoeding en die universiteit waar haar verhouding met William begin het. Hier is die 9 interessantste feite uit dié boek van Katie Nicholl.

Susterliefde

In die boek word daar vertel oor Kate en Pippa (foto onder) se hegte band. Een van hul gunsteling- aktiwiteite was om kamp-partytjies in hul agterplaas te hou.

FOTO: Gallo Images/Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Hulle het in Berkshire (‘n graafskap in die suide van Engeland) grootgeword. Dié huis, West View, het ma Carole en pa Michael net voor Kate se geboorte gekoop en toe weer in 1995 verkoop. Dit is in 2011 opgeveil tydens “koninklike mania” – ‘n tydperk waar enigiets wat aan die Britse koninklike familie gekoppel is, soos soetkoek verkoop het.

Eerste soen

Kate, wat ‘n kranige hokkiespeler was, het op hoërskool uitgegaan met Woody Webster, die tennisster van die skool. Sy sou glo sy wedstryde gaan kyk het en daarna sou hulle op die skoolterrein loop en kuier.

Sy het ‘n ogie op dié celeb gehad ….

Kate het glo as tiener ‘n ogie op Tom Cruise gehad nadat sy die fliek Cocktail gekyk het.

Haar hart is gebreek

Kate se eerste ernstige kêrel was ‘n jaar ouer as sy. Hy het ná skool ‘n gap-jaar geneem en hul verhouding het geeïndig – iets wat glo haar hart gebreek het.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Universiteit

Het sy regtig na St. Andrew’s Universiteit gegaan om vir William te ontmoet? Die skrywer van die boek, Katie, het nie ‘n antwoord hierop nie: “Ek weet nie wat in Kate se kop aangaan nie.” Wat sy wel uitgevind het, was dat Kate aanvaar is by ‘n universiteit in Skotland, maar sy het daarteen besluit en eerder ‘n gap-jaar gevat. Sy het die volgende jaar by St. Andrew’s begin studeer.

Nadat dit bekend geword het dat William dié universiteit sou bywoon, het hul inskrywings met 50% gestyg.

Haar ontmoeting met William

Kate het William nie eers op universiteit ontmoet nie, soos baie glo. Sy het hom al ‘n keer of twee ontmoet toe sy nog op hoërskool was. Sy het gemeenskaplike vriende met die ‘Glossy Posse’ gehad – die eksklusiewe vriendekring van prinse William en Harry.

Eerste soen met William

Blykbaar was dit net ná die universiteit se modeparade ten bate van liefdadigheid. Kate was een van die modelle en William het dié geleenheid ondersteun. Kyk hier na ‘n foto van Kate op die loopplank. 

Haar solo-uitstalling?

Kate is bekend vir haar liefde vir fotografie. Sy sou haar eie uitstalling gehad het, maar het op die nippertjie kleinkoppie getrek. Haar ouers het haar ook aangestel as hul partytjie-besigheid se fotograaf.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Geheimsinnige liefdadigheid

Voordat sy met William getrou het, maar reeds toe hulle in ‘n ernstige verhouding was, het sy begin om op ongereelde tye hospitale en tehuise te besoek – sonder die oë van die paparazzi op haar. Blykbaar het haar ontslape skoonma ook baie van haar liefdadigheidswerk in die geheim gedoen.

Lees ‘n uittreksel van dié boek hier.

Kry die boek

Koop die gedrukte weergawe van die boek hier.Koop die eboek van The Future Queen hier.