winnie-the-pooh-classic-pictures-pooh1_1489609c
Het jy gehoor?

Nuwe boek vertel die ongelooflike storie agter Winnie the Pooh

Die nuutste boek oor die gewildste beertjie in die wêreld, Winnie the Pooh, vertel meer oor hoe dié karakter ontstaan het, en dis ’n fassinerende verhaal met ’n ryk geskiedenis.

In die nuwe boek deur Lindsay Mattick, Finding Winnie, vind ons uit dat die “regte” Winnie eintlik ’n berin in die Londense dieretuin was. Die beerkarakter wat ons vandag ken, is na haar vernoem, berig Huffington Post.

winnie

Op haar beurt is die berin na die Kanadese stad Winnipeg vernoem, maar almal het haar net Winnie genoem.

Die skrywer van die nuwe boek, Lindsay, se oupagrootjie luitenant Harry Colebourn het tydens die Eerste Wêreldoorlog vir Winnipeg as welpie gekoop in Ontario, Kanada. Sy het saam met hom en sy militêre eenheid tot in Engeland gereis as hul gelukbringer. Toe die soldate later Frankryk toe gestuur is om te gaan veg, het hy Winnie aan die Londense dieretuin geskenk.

Winnipeg se gunsteling-besoeker by die dieretuin was ’n seun met die naam Christopher Robin – dieselfde naam as Winnie the Pooh se beste vriend in die gelyknamige boeke en rolprent. Christopher se pa was A. A. Milne – die skrywer van die gewilde Winnie the Pooh-kinderboeke

Lindsay het dié foto van Winnie en haar oupagrootjie op Instagram gedeel:

Wat ’n interessante storie!

Lees ook