Bonang Matheba FOTO: Chris Wall Media

Bonang Matheba FOTO: Chris Wall Media

Het jy gehoor?

Nuwe E!-program spesiaal vir SA televisie

Die Amerikaanse televisiekanaal E! Entertainment het Dinsdag aangekondig dat hulle vir die eerste keer ’n program, E! News Special, spesifiek vir hul gehoor in Afrika gaan skep.

Luidens ’n verklaring sal die program plaaslike bekendes se lewensverhale in ’n reeks van 12 episodes vertel. Die bekendes wat reeds geïdentifiseer is vir die reeks, is die sanger Danny K, die gewilde TV- en radio-aanbieder Bonang Matheba (hooffoto) en die aktrise Terry Pheto, wat veral bekend is vir haar rol in Tsotsi.

“Ons is verheug om vir die eerste keer relevante inhoud te skep vir ons gehoor in Afrika. Ons glo die gehoor sal aanklank vind by die plaaslike bekendes en sorg dat E! ’n gevestigde TV-bestemming in Afrika bly,” het Colin McLeod, besturende direkteur: opkomende markte van NBCUniversal International Networks, gesê.

Die reeks sal vanaf 10 September 2015 om 20:00 op Suid-Afrikaanse televisie op E! (DStv-kanaal 124) uitgesaai word .