FOTO: Instagram peoplemag

Het jy gehoor?

NUWE FOTO: Jessica Simpson se $1,4 miljoen-troudag PLUS video van haar voorbereiding

Sangeres en aktrise Jessica Simpson het die afgelope naweek getrou. En só het haar trourok gelyk PLUS ’n video van al die voorbereiding ure voor die troue …

Die Amerikaanse tydskrif People wys die 33-jarige aktrise se troue eksklusief in hul volgende uitgawe, maar hulle het solank die voorblad uitgereik – en ons moet sê: dié paartjie lyk baie verlief!

Jessica Simpson

Jessica se troue het na bewering $1,4 miljoen (ongeveer R15 miljoen) gekos. Sy het haar ma, Tina, en suster, Ashlee, gevra om deel van haar 12 strooimeisies te wees. Haar pa, Joe, het die paartjie getrou.

Só het Jessica en haar bruidsmeisies voorberei vir die groot dag:

People het ook die ontwerperskets én die eerste foto van die stralende bruid gedeel.

Die media het eers berig dat Jessica in ’n pienk rok sou trou, maar toe verbaas sy almal met haar sjampanje-en-goudkleurige Carolina Herrera-skepping. Ontwerper Carolina het gesê die rok het ’n koninklike gevoel.

Dít is die skets en die inspirasie vir haar rok:

FOTO: People

FOTO: People

Jessica is getroud met Eric Johnson – die pa van haar kinders, Maxwell en Ace. Die 2-jarige Maxwell was die blommemeisie en 1-jarige Ace het die ringe gedra.

People het die eerste amptelike foto op hul Instagram-profiel gedeel. Jessica was ’n blosende bruid met haar gesonde vel en natuurlike grimering.

FOTO: Instagram  peoplemag

Nóg in SARIE.com se Bruid-afdeling