1343701735_2887_us10
Het jy gehoor?

Nuwe foto’s in Kristen Stewart se verkullingsaga

Nuwe foto’s van haar en die Snow White and the Huntsman-regisseur, Rupert Sanders, is pas bekend gestel, berig US Weekly.

Nie net het Robert intussen die pad gevat uit hul huis in Los Angeles nie, maar derduisende fanatiese Twilight-aanhangers is almal vir Kristen die duiwel in omdat sy dié perfekte verhouding vernietig het. Dat haar skelmpie ’n getroude man en boonop 19 jaar ouer is as sy, maak dinge nie makliker nie.

’n Anonieme ooggetuie het aan US Weekly vertel dat Rupert baie versigtiger as Kristen gelyk het die dag toe hulle in ’n park afgeneem is. Die foto’s wys onder meer dat hulle passievol soen.

Ná hul skelm verhouding op die lappe gekom het, het Kristen en Rupert albei verklarings uitgereik waarin hulle om verskoning vra vir hul onaanvaarbare gedrag. Kristen het gesê: “Ek het die belangrikste ding in my lewe vernietig.” En Rupert het op sy beurt jammer gesê oor die pyn wat hy vir sy vrou en twee kinders veroorsaak het.

Dit lyk asof die water nog lank warm gaan wees vir Kristen, veral omdat die rooitapyt-seisoen vir die vierde en finale deel van die Twilight-saga voorlê. Breaking Dawn (Deel 2) word 16 November 2012 bekend gestel, en die akteurs doen saam bewusmakingsveldtogte voor en tydens sulke groot bekendstellings. Sy gaan nie net vir Robert in die oë moet kyk nie, maar ook die miljoene woedende aanhangers daar buite.

  • judith

    ja..nee… die patetiese drama’s van die bekendes darem!!